Die opgradering van die Witkruismonument vind plaas
die 5 Junie 2015 tot 6 Junie 2015. Daar gaan weer n optog wees soos
altyd, maar kom ons gaan groter die jaar. Bring jou tent en kamp saam
die 5de Junie 2015, bo by die kruise. Die Vrydagaand doen ons weer die
beligting. Almal wat moontlik kan of wil help asb ons het julle nodig.
Bring jou sambreel, en stoel saam vir Saterdag. Persone wat reeds kruise
ontvang het, is welkom om n kransie saam te bring, asook die wat reeds
kruise ontvang het. Vir die optog het ons, "bikers" nodig wat die stoet
sal lei na die kruise toe. Ek wil weer n beroep doen op almal, om
hierdie opgradering nie te mis nie. Dit is ons mense se kruise wat daar
geplant is, boere, vroue en kinders wat
onnodig moes sterf, in n aanval. Persone wat belangstel om my te kontak,
kan my skakel by 0837882083 of 0843659936, of epos by tabita.fourie7@gmail.com. Bespreek vroegtydig. Persone wat ook belangstel om stalletjies te he, vir die dag, moet net vroegtydig dit reel.
Kom ons maak dit die jaar 2000 persone teenwoordig. Ek weet dat die ANC
baie graag deel wil wees van die Witkruismonument, maar sorry hulle kan
en mag nie. Dit is n Witkruismonument, en nie n reenboog monument nie.
Die aand wat ons die kruise verlig,wil ek vra dat elkeen wat nie daar
kan wees nie, eer betoon aan die persone wat gesterf het in n
plaasaanval, of in n dorp, deur n kers aan te steek waar dit sigbaar sal
wees vir ander om te sien. Die aand as die kruise verlig word, is n
gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Dit is n tyd om stil te raak, en dan
kan jy nie anders as om te dink aan elkeen wie se kruise ons reeds
geplant het, en waardeur daardie persone is. Die saterdag wil ek vra, ry
weer asb met jou voertuig se hoofligte aan, en maak ook n kruis op jou
voertuig se ruit. As jy n vlag wil saambring, is jy welkom. Dit kan in
die optog oppad na die kruise toe gebruik word. Organisasies wat wil
deel wees van die naweek is welkom.
No comments:
Post a Comment